‘n Paar geloofsvrae bespreek

36_155432_claude-vignon_st-paul-the-apostleNet so woordjie vooraf – ek gaan jou nie probeer oortuig van enige iets nie, ek glo dat die Heilige Gees ons oortuig wanneer dit by ons geloof kom, maar ek gaan vir jou soveel moontlik relevante inligting probeer weergee, verskeie perspektiewe (sowel my siening oor hulle) en laastens ook my eie standpunt en hoe ek daarby uitgekom het. Ek wil dus hê jy moet ’n ingeligte besluit self neem – ek gaan baie praat oor die wetenskap en ook baie uit die Bybel uit aanhaal – vir my is al twee baie belangrik en kan hulle saam funksioneer om vir ons te help antwoorde kry op die groot vrae.

  1. Hoe weet ons dat ons God die ware God is?

Ou vraag wat eintlik drie vrae is: (1) is daar net een God en een pad na daardie God [dit is wat ons glo: een God en Jesus is die weg na God (Joh. 14:6)], (2) is daar net een God maar baie paaie na daardie God [bv. alle gelowe kom op hulle eie manier by die een God uit, Christenskap is maar net nog ’n manier om daar te kom], (3) is daar is baie gode en elkeen het sy eie pad na sy eie God.

Ek glo God het vir ons twee boeke gegee waarin Hy Homself aan ons openbaar: die boek van die natuur en die boek van die Bybel. In al twee hierdie boeke leer ken ons vir God op ’n baie spesifieke manier – die natuur leer vir ons dat God ’n God van orde, harmonie en kreatiwiteit is; dat Hy sorg en onderhou ens. (in die teologie[1] noem ons dit God se algemene openbaring, dit is dus vir alle mense sigbaar en daarom ook dat daar so baie Godsdienste is). Die tweede boek is die Bybel, waarin God nie meer weggesteek is agter die natuur nie, maar dat Hy in mense lewens ingetree het en ’n pad met hulle begin stap het (dit noem ons in die teologie God se ‘spesiale openbaring’) – die uiteindelike van God se spesiale openbaring wat Jesus se menswording – want hierin het God self vir ons van Homself kom vertel “Wie my sien sien die Vader” (Joh. 14:9). Om hierdie rede glo ons dat ons God, die God van die Bybel die ware God is – want dit wat ons sien in die natuur en dit wat die Bybel vir ons oor God vertel stem ooreen. (1ste punt wat ek wil maak)

Die boodskap van die Bybel is ’n goeie argument daarvoor dat ons God die ware God is. Dit is geskryf oor ’n tydperk van 1400 jaar, handel oor ’n geskiedenis van 6000 jaar, geskryf deur 40+ verskillende skrywers wat nooit met mekaar in aanraking gekom het nie, wat op 3 verskillende kontinente geleef het, van konings tot skaapwagters, in drie verskillende tale, ’n magdom verskillende genres – en almal vertel dieselfde boodskap vanuit hulle ervaring met hierdie God.

Dan is daar geweldig baie dinge wat ons geloof uniek maak van al die ander gelowe wat bestaan (spesifiek praat ek van die gelowe wat nie net gaan oor ’n manier van lewe sonder die aanbidding van ’n God soos Boeddhisme nie): 2 groot voorbeelde – ons geloof is die enigste waar die mens nie na God toe moet opreik deur sy eie inspanning nie, maar dat God na die mens toe uitreik; alle ander gelowe is ’n stel moets en moenies om hul god tevrede te stel, waar ons geloof gegrond is op ’n verhouding met God.

  1. Na wie toe bid ek, na God of Jesus?

Hierdie is eintlik ’n vraag oor die werking van die drie-Eenheid. God is een en tog is Hy drie – dit kan nie vir ons koppe sin maak nie. Die leer oor die drie-Eenheid verduidelik dat God-3 enig 3 persone is met unieke funksies binne die Godheid, maar dat hul al drie dieselfde essensie het. Soos wat die geel en wit en dop van ’n eier drie verskillende goed is, maar dit bly ’n eier.

Probeer dit so verstaan – God die Vader is die bron, Jesus is die Wysheid en die Heilige Gees (HG) is die teenwoordigheid van God. Wanneer ek dan bid, bid ek vanuit die teenwoordigheid van die HG, deur Jesus Christus, tot die Vader. So of ek nou tot die HG, Jesus of die Vader bid ek bid tot die Een God.

Wat ek gewoonlik doen, is om te bid tot die funksie van die persoon in die drie-Eenheid. As ek dankie sê of vra vir iets wat God se voorsienigheid of onderhoud raak dan gebruik ek die Vader se naam en fokus ek op sy funksie in die drie-Eenheid. As ek dankie sê of vra vir iets rakende God se leiding of genade, dan gebruik ek Jesus se naam en fokus ek op sy funksie in die drie-Eenheid. As ek vra vir krag of die vermoë om Jesus se voorbeeld te volg dan gebruik ek die HG se naam en fokus ek op sy funksie in die drie-Eenheid.

Om dit so te doen beteken dat jy die Bybel sal moet lees om ’n onderskeid te kan tref tussen die funksies van elkeen – dit maak mens se gebed net soveel ryker het ek ervaar.

  1. 1ste Wet van termodinamika = energie kan nie geskep of vernietig word nie, hoe is die heelal geskep.

Dit is die vraag wat die filosowe en die wetenskaplikes wat God wil weg redeneer vir eeue lank al vra:“As energie nie geskep of vernietig kan word nie, hoekom is daar dan iets en nie niks nie, hoekom is daar ’n heelal en waar kom al die energie vandaan?”

Dan probeer hulle die big bang gebruik, maar waar het die energie vir die big bang vandaan gekom, dan gebruik hulle die multiverse teorie, maar waar het die energie daarvoor vandaan gekom – hulle probeer verder en vêrder terug redeneer net om nie toe te gee dat dit moontlik deur God geskep was uit niks uit nie, teorie op teorie al vêrder terug en terug (infinite regression).

Gen. 1:1 sê God het energie in die heelal ‘ingeblaas’, Hy het energie geskep – geen ander verduideliking wat die wetenskap het, kan rondom die 1ste wet van termodinamika kom nie.

  1. Hoe hoor ek vir God, hoe weet ek wanneer Hy praat?

Hierdie vraag hou verband met hoe hoor ek wat God van my wil hê?

Die filosowe praat van funksie en vorm – funksie gaan altyd vorm vooraf: bv. as iemand ’n brug wil bou moet hy eers ’n klomp dinge bepaal: hoe erg is die verkeer, watter tipe verkeer, van waar tot waar moet hulle vervoer word ens. (wat is die funksie wat die brug moet vervul) en dan besluit hy op die vorm: dit moet ’n geteerde pad wees, 4 bane breed, staal konstruksie ens. Bring dit terug na God wat met ons praat: hoe Hy vir ons ’n ding sê (vorm) word bepaal deur wat Hy wil bereik daardeur (funksie). Wil Hy hê jy moet iemand iewers raakloop, of vanuit ’n sonde lewe jouself tot Hom bekeer – kleiner en groter dinge gaan nodig hê dat Hy op verskillende maniere met jou praat.

Elia het gesê hy het vir God in die ‘fluistering van die windstilte gehoor’ (1 Kon 19:12), God het direk met Moses gepraat, God het met die wyse manne en met Josef deur drome gepraat, God het met Dawid gepraat deur profete na hom toe te stuur met ’n boodskap. Die kort antwoord is dat daar dus nie ’n spesifieke manier is hoe God praat nie – Hy praat nie altyd op dieselfde manier nie, Hy praat op die manier wat vir jou spesifiek, in ’n spesifieke konteks op so ’n manier gaan raak dat jy weet wat Hy van jou wil hê vir daardie situasie (die keuse bly wel joune of jy gaan luister[2] of nie).

Dit hoef ook nie altyd die geval te wees dat God met jou praat vanuit ’n spreekwoordelike brandende bos nie, elke mens het ’n ingeboude morele kompas (Jer. 31:33-34 – dit wil sê dat elkeen van ons kan onderskei tussen wat vir God regte en verkeerde gedrag is) waardeur God (op ’n meer passiewe wyse) met ons praat: bv. die 10 gebooie is ’n standaard wat maklik deur enige persoon aanvaar sal word as die riglyn vir ’n goeie en morele lewe, al behoort hul aan geen godsdiens nie. So wanneer jy besluite maak vir of teen ’n sekere ding op grond van hierdie morele kompas binne jou – voer jy God se wil uit.

As ek dit so bietjie meer prakties kan maak – God praat met ons deur mense, deur ons gedagtes, die morele kompas, die Bybel, ervarings ens., en die HG binne ons, as ons Hom voortdurend betrek by ons keuses, sal vir ons duidelik maak wat die regte pad is om te loop en wat dit is wat God vir en van ons wil hê.

  1. Hoekom gaan mense hel toe as God al die mens se sondes vergewe?

God se genade is allesomvattend, maar daar is ’n voorwaarde aan: Joh. 3:16 “want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enig gebore Seun gestuur het SODAT (voorwaarde) die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Die voorwaarde dat ons God se genade sal geniet en ook die redding van die ewige dood wat daarmee saamgaan is dat ons in Jesus moet glo as die uiteindelike openbaarder en medieerder van God se wil (Joh. 14:6) – die een wat gesterf het vir ons sondes en ook weer opgestaan het en die dood oorwin het.

  1. Hoe is dit moontlik om die Bybel te verstaan as mense voortdurend nuwe interpretasies daarstel?

Daar is sekere kern sake in die Bybel wat sentraal staan vir die karakter en aard van die Christelike geloof – dit word mooi uitgespel in die 12 Artikels. Dit is die dinge waarsonder ons geloof betekenis en waardigheid verloor, dit kan nie verander nie. Dan is daar dinge wat op die kantlyne staan – datums, name, geslagsregisters ens.

Omdat die Bybel nie oorspronklik vir ons geskryf is in 2016 nie, kan ons nie anders as om te probeer interpreteer nie. Die groot woorde rondom Bybelse interpretasie is ‘eksegese’ en ‘hermeneutiek’: as ek alles wat ek weet oor die literêre aspekte van tekste en ook die historiese aspekte war ingespeel het op die ontstaan van daardie tekste bymekaarsit (eksegese) moet ek bepaal wat dit vir ons vandag beteken; wat die boodskap is wat daaruit gehaal kan word wat sin maak vir ons vandag (hermeneutiek).

Daar het namate beter argeologiese opgrawings gemaak is en meer verstaan is van die antieke kulture

  1. Hoe kan ek weet dat God bestaan en nie ’n mite is wat mense uitgedink het nie?

Hier is 20 argumente vir die bestaan van God wat deur die geskiedenis deur teoloë en filosowe opgestel is.  http://www.peterkreeft.com/topics-more/20_arguments-gods-existence.htm. Die feit bly staan dat geloof nie iets is wat ek met feite en argumente absoluut kan bewys nie, want “’n God wat klein genoeg is vir my om te verstaan is nie groot genoeg vir my om in te glo nie”; daarom bly geloof ’n vertroue, gebaseer op jou verhouding met God (Hebr. 11:1-3) en die ervaringe wat jy in jou lewe deurmaak waar God se teenwoordigheid en insae vir jou ’n werklikheid was.

_____________________________________________________________________________________________

[1] Teologie is die groot woord vir ‘die leer van God’ (hoe ons God verstaan vanuit die natuur, die Bybel en ons eie ervarings), soos wat biologie ‘die leer van die natuur is’

[2] Ek dink ons groot probleem is dat die woord ‘luister’ gebruik word en ons dit altyd assosieer met ‘hoor’ en met iemand wat hoorbaar met jou praat. Ons het immers net metaforiese taal om oor God te gesels omdat ons Hom nou nie ten volle kan ken nie (1 Kor. 13:12).

Advertisements

One thought on “‘n Paar geloofsvrae bespreek

  1. Pingback: Doopsel en bloedvergieten ter vergeving | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s