“Ons is ’n belydeniskerk”: hoekom dan die fragmentering?

“Ons is ’n belydenis-kerk” – so het mod. Nelis Janse van Rensburg onlangs in sy omsend video die NG kerk gerusgestel teen die groeiende aantygings van afvalligheid die laaste paar maande.

Op die oor-af, as jy die verklaring hoor: “ons is ’n belydenis-kerk” wat kom in jou kop op?

  • Miskien jou sekerheid dat ons staan in ’n sekere geloofs-tradisie, wat soos ’n goue draadjie deur die geskiedenis loop – ten minste 500 jaar terug tot by die reformasie
    • Luther, Calvyn, Zwingli, Knox
    • Maar heel waarskynlik verder terug tot by die mond van Jesus, die pen van sy apostels, die apologete van die 2de eeu, die vaders van die 3de en 4de eeu
  • Jy onthou van die 3 formuliere van eenheid wat jy so half aandag aan gegee het in belydenisklas (Nederlandse geloofsbelydenis, Dortse Leerreëls en Heidelbergse kategismus)
  • Jy dink aan die Apostoliese geloofsbelydenis wat jy gereeld opgesê het toe jy jonger was en aan die ander twee ekumeniese belydenisse van Nicea en Athanasius wat nie so maklik opsê nie.
    • Vir jou beteken die uitdrukking: “ons is ’n belydenis kerk” dat daar ’n ononderbroke historiese lyn van Jerusalem tot Johannesburg getrek kan word
      • Jy hoor tydlose waarheid van ewigheids-waarde
  • Andy Stanley het ’n gunsteling uitdrukking: “If you want to know what someone means by what they say, watch what they do” As jy wil weet wat iemand bedoel deur wat hulle sê, kyk wat hulle doen
    • Wanneer ons kyk na die optrede van kerklui en kerkliggame wat hulle sou vereenselwig met hierdie verklaring: “ons is ’n belydeniskerk”
      • Is dit baie duidelik dat sommige ’n baie anderste idee het van die bedoeling van hierdie uitdrukking – as dit wat tradisioneel daardeur voorveronderstel is.
      • En dan kom dit by daardie grys area waar mens nie seker is of dit heeltemal eerlik is om iets te sê wat jy vermoed totaal anders opgeneem gaan word as wat jy daarmee bedoel nie.
        • Veral as jy dit daar laat omdat jy weet dit die gewenste uitwerking sal hê
        • Maar ek sal nou nie vêrder oor intensies bespiegel nie

Die feit van die saak – so veel en so luid soos wat dit ontken word – is dat ons met ’n wesenlike dosis van progressiewe denke en denkers in ons NG geledere sit.

  • In 2011 kom daar ’n boek uit met die titel “Hier staan ek – Ek kan nie sê wie ek is nie en ek is nie alleen nie” –
  • Dit sinspeel op die uitlating wat aan Luther toegeskryf word toe hy voor die tug-raad in Worms, Duitsland, so oortuig was van die dwaling van die Roomse Kerk, dat hy gesê het: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie, so help my God” met die moontlike vooruitskouing van minstens ekskommunikasie uit die kerk uit, maar meer waarskynlik teregstelling.
    • Dié boek handel oor ’n groep lidmate wat meen hul vind hulself nie meer op ’n plek waar hulle die tradisionele Evangeliese waarhede met eerlikheid kan bely nie en dat hulle daarom nie meer tuis voel in die NG kerk nie
      • Die interessantste/ontstellendste brokkie inligting (hang af van jou perspektief) is in die beskrywing van die boek: “Wat hierdie boek nog meer spesiaal maak, is die bydraes van vyf praktiserende predikante wat anoniem skryf, aangesien hulle nie kan sê wie hulle is nie”
        • 5 predikante wat vir alle praktiese doeleindes die geloofs-tradisie verlaat het, maar steeds elke Sondag voor lidmate staan, uit God se Woord lees en met weersin moet uiter: hoor die Woorde wat lei na die verlossing.
  • Iets waaroor ek die laaste klompie maande, in alle eerlikheid, geweldig my kop krap – is  hoekom hierdie tipe progressiewe Christene, progressiewe kerklui en progressiewe akademici in die NG kerk so skugter is oor hul oortuigings?
    • Dat hulle so moeilik met die sak patats uitkom – die implikasie is 1) dat hulle voortdurend met hierdie interne worsteling sit, of 2) dat dit wat die hart van vol is uiteindelik die ore van die niksvermoedende lidmate bereik.
  • In Amerika sit progressiewe kerke baniere voor hul deure op “ons is ’n progressiewe kerk” – hulle is trots daarop, dit is hulle selling point vir nuwe lidmate
  • Plaseer dit oor hul webtuistes: “10 dinge wat ons progressief maak”
    • Progressief, of dan nou sy sinoniem, ‘liberaal’, in my ervaring, is by ons amper soos die ‘k’ woord – “jy mag nie iemand dit noem nie”
      • anders saai jy agterdog, promoveer jy onenigheid, tree jy liefdeloos en venynig op, is jy ’n fundamentalis, stem jy vir Trump, haat jy gays, glo jy vroue moet nog hoede in die kerk dra en moes jy eers die Matt. 18 kerklike weg gestap het.
      • Hoekom sulke heftige/skertsende reaksies teen die benaming ‘liberaal/progressief’ wat op ander plekke as ’n pluimpie gedra sou word?
        • Miskien sou jy kon terugkap: “maar hoekom moet dit ’n issue wees?”
        • Goeie en geldige vraag – hoekom nie maar net nie krap waar dit skynbaar nie juk nie?
  • Hier is hoe ek sou antwoord:
  • Ek het die belewenis dat NG lidmate, vir goed of sleg, sekere voorveronderstellings oor hul leierskap se teologiese standpunte en wêreldbeelde het, as die geestelike leiers en verteenwoordigers van hul kerkverband,
  • in die lig van die kern Evangeliese waarhede waarvoor hierdie kerkverband histories gestaan het.
    • veral wanneer ons moderator bevestig: “ons is ’n belydeniskerk”
    • Voorveronderstellings waarin daar na my en vele ander se mening ’n ontkoppeling plaasgevind het;
      • tussen die beleid van hierdie belydeniskerk, en hoe dinge op grondvlak uitspeel, by monde en dade van leierskap en ander rolspelers
  • En eerder as om dit bloot in alle eerlikheid te erken en eienaarskap te neem van hierdie baie wel-gedefinieerde terme:
    • te sê “ja, ek is progressief en bevorder ’n liberale teologie en het liberale doelstellings – kom ek vertel jou wat dit behels en hoekom ek dink dit is die pad vorentoe”
    • Word lang uitgerekte leer-tug sake oor liberale uitlatings wat afwyk van ons belydenisse as onnodig, ongegrond, verdagmakend en liefdeloos uitgemaak.
    • Getuig mense wat in alle opregtheid hierdie dissonansie uitwys tussen predikante, akademici en kerklui se leer-en-leef, en die amptelike beleid van die NG kerk, dat hulle met ernstige grade van intimidasie en modder-gooi ontmoet is
      • soos die onlangse sage rondom Johann Ernst en Andre Bartlett
      • soos Christ van Wyk en die gevolge van sy uitlatings oor die moderator se uitlating ‘alle seksualiteite is ’n Goddelike gawe’
      • soos Strand Moedergemeente se dolering terugslag, die Kairos Netwerk se stigma ens.

Weereens sou sommige sê: “hoekom moet dit ’n issue wees?” hoekom nie net liefhê, omgee, genade, versoening en verlossing verkondig en hierdie randsakies tot rus laat nie?

Kom ons gesels beginsels en definisies:

‘Liberaal/progressief’ dan, soos wat die oortuigings van hierdie groeperinge binne die kerk, in hul gesprekke in mindere of meerdere mate op publieke platforms uitkristalliseer, beteken:

  • 1) Om bevry te wees van- en strydend te wees teen, kom ons noem dit ‘Joods-Christelike’ of ‘Bybelse’ normatiewe,
    • rakende seksualiteit, geslagtelikheid, etiek, sosialisering, definisies van woorde en begrippe, die lys gaan aan.
  • 2) relasionele waarheid (my waarheid en jou waarheid in gesprek kom by ’n groter waarheid uit) – ons vind waarheid wanneer ons na mekaar se stories luister, en veral na die stories van histories en huidige onderdrukte sosiale groeperings
    • daar is nie ’n objektiewe, transendente waarheid daar buite nie, en as daar is, kan ons dit/Hom/Haar in elkgeval nie deur empiriese en rasionele ondersoek leer ken nie
    • al wat ons het, is die hier en die nou en hoe ek die hier en die nou persoonlik ervaar
  • 3) ’n ‘new-and-improved’ Christelike liefdes etiek; waarvan die verantwoordelike uitleef daarvan ten minste sosiale en politiese aktivisme vereis, binne die ideologiese raamwerk/paradigma van sosiale geregtigheid –
    • (in die volgende video gaan ek redelik tyd spandeer om te wys hoe ideologiese sosiale geregtigheid in stryd is met Bybelse geregtigheid)
    • Wat vereis hierdie paradigma: dat ons nie bloot net die sleg in die samelewing moet uitwys en veroordeel en dood-leef in ons eie lewens nie, maar dit aktief sal teëstaan:
      • nie bloot nie ’n rassis sal wees nie, maar ’n anti-rassis, selfde met anti-seksis, anti-homofobie en -transfobie
      • om uitgesproke en geallieerd te raak met mense wat marginalisering ervaar
        • na hulle optogte te gaan, ’n sosiale media aanslag te hê, ander advokate vir hierdie groeperings in die openbaar te prys ens.
      • enige iets minder as dit en jy is so goed soos die kwaaddoeners

In kort – liberale teologie, soos wat dit tans in die NG kerk en ook in ander denominasies uitkristaliseer,

  • is effektiewelik die verpolitisering, en uiteindelik die sekularisering en selfs radikalisering van ons gereformeerde geloofs-tradisie – die res van die reeks gaan daarop gespits wees om hierdie stelling te begrond.
  • en ek lê klem daarop dat dit ’n ‘geloofstradisie’ is – want sommige meen dit is eerder ’n ‘dink-tradisie’, soos wat die moderatuur dit in die video oor die Strand se dolering verwoord het –
    • ’n geloofstradisie – wat gegrond is op ’n spesifieke Persoon wat sekere dinge in ’n spesifieke tyd-ruimtelike konteks gedoen het en die ewige implikasies daarvan

’n geloofstradisie wat met hierdie woorde en die implikasies daarvan gereduseer word tot ’n ‘dink-tradisie’ – soos wat Romantisisme, Liberalisme, Marxisme en Eksistensialisme dink-tradisies is:

  • M.a.w., deur die lens van ‘ons is ’n dink-tradisie’: word dit waaraan ons as behoudende Christene vasklou effektiewelik ’n sosio-historiese abstraksie; pre-moderne mens se eksistensiële filosofering wat ‘hoe langer hoe meer’ aangepas moet word vir die moderne verligte mens se ervarings, behoeftes, aspirasies en aptyte.
    • Uiteindelik, soos wat Freud dit gestel het: “is ons geloof niks meer as wensdenkery wat nie in die werklikheid gegrond is nie”

Een van die grondliggende en toonaangewende probleemareas in hierdie verband is ons teologiese opleiding, die ‘kweekskole’

  • hoekom sê ek so en hoekom sit ek dit in hakkies?
    • Ons kweekskole vervaardig en beskik oor 2 van die mees gesogte en gesagdraende figure in ons kerk:
      • Proffies en predikante
        • natuurlik totaal buite orde vir die NG kerk i.t.v. ons presbiteriale regering-stelsel, waar daar geen gesag hoër is as dié van die ouderlinge raad nie, waarin die predikant hoogstens ’n lerende ouderling is –
          • maar ons Afrikaners is tradisioneel redelik aangewese op- en onderdanig teenoor geleerdheid en die gesag wat daarmee saamkom
      • So proffies en predikante is die pasaangeërs in die kerk

Antwoord vir jouself die volgende hipotetiese vraag in die lig van wat so pas gesê is:

  • wat sou die wesenlike invloed op die NG kerk gewees het, as dit wat ons ons voorveronderstel oor die aard en funksie van ons kweekskole ‘gekaap’ sou word deur ’n radikale sekulêre ideologie?
    • ’n hipotetiese antwoord: proffies sou hierdie radikale ideologie vir ons predikante leer en op daardie manier sou dit wortelskiet in ons kerk
  • Nou minder hipoteties en meer feitlik: Die huidige probleem is dat die plekke waar ons proffies en predikante vandaan kom tans in die eerste plek fakulteite van sekulêre universiteite is
    • Hiper politiese, sekulêre instellings wat onderhou word deur ’n hiper politiese, sekulêre staat is – wat ’n misbare behoudendheid verskuldig is aan die NG kerk
      • En die teologiese fakulteite wat ons predikante oplei is gebonde aan die universiteit se sekulêre waardes, afhanklik van hul befondsing en ook ander befondsing uit sekulêre oorde met sekulêre doelstellings/belange
        • En is dit nie meer ’n kweekskool of seminarium wat suiwer onder die gesag van die kerk en suiwer ten bate van die kerk se uitbou en opbou bestaan
          • Soos die meeste lidmate en predikante se voorveronderstelling vandag is, en soos wat die tradisionele voorveronderstelling vir meer as 100 jaar was sedert die stigting van die eerste kweekskool nie
  • Hierdie is ’n treur-waardige stand van sake – hoekom sê ek so?
    • Ons Suid-Afrikaanse ‘kweekskole’ het hul oorsprong in Andrew Murray en kie se gehoorsame ywer om predikante op te lei, juis weg van die invloed van die 19de eeuse liberalisme in Europa.
    • En dit wat Andrew Murray op ’n 10 000 km afstand van ons af wou weghou, word nou verwelkom en gevier in die drie teologiese fakulteite

Universiteite was van die vroegste dae af gebruik om kulturele revolusies te dryf, omdat dit die plek is waar die wêreldbeeld van die leiers en innoveerders van môre gevorm word

  • Die ou spreekwoord lui: “the hand that rocks the cradle rocks the world”
    • vandag is geen uitsondering nie –
  • kyk maar net na die totale westerse-wêreldse gemors wat op kampusse aangaan
    • en as mens dan sien hoe dit hoofstroom in die kultuur geword het, sou mens met Andrew Sullivan kon saamstem: “we all live on campus now”
  • Wat in die teologiese fakulteite gebeur, vertaal direk na dit wat in ons gemeentes en sinodes en uiteindelik die kerkverband gebeur.
    • Daarom is dit nodig om ’n nader kykie te kry, na wat diegene wat op die voorfront van ons teologiese studie is, dink die fokus en karakter van die NG kerk vorentoe behoort te wees
      • En of ons in gemeentes op grondvlak daarvoor kans sien

Die onderwerp dan van volgende week se video: “Ons ’n belydenis-kerk”: Weet die Teologiese Fakulteite dit?

4 thoughts on ““Ons is ’n belydeniskerk”: hoekom dan die fragmentering?

  1. Ek het ‘n vriend wat werk met skole vir kleintjies vanaf so 3 jaar oud en ouer tot so graad 3 – hy sê, “ons het die huidige geslag (van skoolgaandes) afgeskryf en bgin maar oor, van onder af”. Dit was vir my skokkend toe ek dit die eerste keer gehoor het. Die gedagte het later al hoe meer begin sin maak.
    My vraag in die verband met die Kerk en hier spesifiek die NG Kerk is, “moet ons die huidige geslag niemaar totaal afskryf en van voor af begin nie?”.
    Die dieper vraag sal natuurlik wees – “wat sou Jesus gedoen het en wat sou Hy vandag wou hê moet ek doen?”

  2. Iemand het eenkeer gesê: “It’s easier to birth a child than to raise the dead – even so, Jesus was in the business of raising the dead”. Ek glo niks is ‘n verlore saak wanneer dit in afhanklikheid en gehoorsaamheid aan God aangepak word nie.

  3. Eish my broer, jy moet onverskrokke wees in hierdie ‘waarheidsroeping’ wat jy het. Die vrot is diep. Daar is omtrent niks te redde nie. Jy gaan as’t ware van voor moet begin. ‘n Viend van my het gepreek, ‘Gooi weg die ding wat nie werk nie, help nie om hom te probeer regmaak nie, hy gaan weer breek’. Ek eer jou moed, visie en roeping. Mag die Here jou krag gee om onverskrokke SY Woord en Waarheid te verkondig. Ek ken die NG Kerk. Ek was daar. Het dit beleef as kind en jongmens, en het genadiglik my redding in ‘n ander kerk en gemeente gevind.

Leave a comment